DIE bekende prediker Garry Kieswetter besoek die NG Moedergemeente op Wellington van 19 tot 23 Januarie vir ’n reeks dienste.
Op Saterdag 19 Januarie om 09:00 is hy die spreker by ’n Manne-ontbyt te Provence onthaalsentrum, Wellington. Kaartjies kos R80 en is beskikbaar by die kerkkantoor.
Sondag 20 Januarie lei hy die Gesinsdiens om 09:00 in die kerkgebou asook die Jeugdiens die aand om 19:00.
Die Maandag tot Woensdag lei hy die Week van Gebed elke aand om 19:00.
Almal is welkom om die geleenthede by te woon. Vir ontbytkaartjies en navrae, skakel 021-873-1561.