Tik gevind
2008-01-10
Tik ter waarde van bykans R20 000 is onlangs in ’n voertuig gevind wat deur die Paarl polisie afgetrek is.
Die Tik het 76 gram geweeg, is baie suiwer en sou waarskynlik verder versny word voordat dit op straat verkoop word.
Twee mans, Winston van der Westhuizen van Magnolia en Francois Fransman van Cloetesville, is in hegtenis geneem, maar die saak is uitgestel totdat forensiese toetse op die dwelm voltooi is.
More
News
|