’n GHOLFDAG word Saterdag 15 Maart by die Paarl Gholfklub gehou om fondse in te samel vir Rusoord -tehuis vir bejaardes.
Die fondsinsameling is van uiterste belang omdat die koste van versorging van die bejaardes in die tehuis die inkomste drasties verbygesteek het.
Die bestuur versoek dat borge na vore kom vir 18 setperke teen R1000 elk, 18 bowwe teen R1000 elk of die borgskap van die oefensetperk teen R1000, asook met donasies, pryse of geskenke.
Kontak Cheryl Peach by die Paarl Gholfklub by 021863-1140 voor 18 Februarie in verband met inskrywings en die aanbring van advertensieborde.