Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Hier word met munisipale blomme gesmous

Hier word met munisipale blomme gesmous
 
2008-01-10


EK is ’n bewoner van ’n woonstelblok regoor Victoriapark in Markstraat, Paarl. Op 14 Desember het ons gesien hoe twee lede van die publiek in ’n wit voertuig registrasienommer CJ 27056 met een van die parkbewoners (’n dame genaamd Miriam) handel dryf met Krismisrose!

Die twee lede van die publiek het eers met die munisipale werker aan diens gepraat voor Miriam die transaksie beklink het.

Die kaal kol in die blombedding is duidelik sigbaar en vanoggend lyk dit asof daar gedurende die nag nog blomme gepluk is.

Ons is die heel tyd bewus van dié betrokke dame van die park, want sy het al voorheen ‘n kledingstuk van myself van die draad af gesteel. Ek het haar agternagesit en dit teruggekry.

Ek het die polisie verwittig en sy is een aand aangehou omdat sy onder die invloed was en die gesteelde item is by haar gevind. Ek wou nie ’n klag lê nie.

Ek is bekommerd oor die munisipale werker wat bewus is hiervan en geensins haar ongerymde optrede gestop het nie. Die kopers is later daar weg met ’n kattebak vol Krismisrose.

Toe ek by ’n munisipale amptenaar gekla het, is aan my genoem dat die Rolbalklub se lede ook al gekla het oor die munisipale werkers wat die blomme uit die park wegdra.

Geskok




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za