Dahlia-kwekers stal hul blomme uit
2008-01-10
Die Wellington Dahlia Vereniging bied sy jaarlikse dahliaskou vanjaar aan op Saterdag 19 Januarie in die Wellington stadsaal.
Die skou beloof om ’n mooi kultuur-geleentheid te wees waar dahlia-kwekers in meer as 15 afdelings dit sal spook om die wenners te bepaal.
Alle klubs in die WesKaap kan hul blomme uitstal en meeding in die kompetisie. Die deure open om 14:30 vir die publiek.
’n Minimale toegangsfooi is by die deur betaalbaar.
Skakel Ivan Davey by 021-862-7975, Tony Pretorius by 021-873-3605 of Gavin Watson by 021-873-4657 vir navrae.
More
News
|