Misdaad daal oor feestyd
2008-01-10
DIE polisie in die Drakenstein-gebied is dit eens dat die misdaadsyfer dié feesseisoen drasties gedaal het in die gebied. Die feestyd was egter nie sonder voorval nie. ’n Man is op 29 Desember in Smartietown, Paarl, vermoor, vermoedelik toe hy beroof is van ’n bottel wyn. Volgens ooggetuies het Edward Samson (23) met ’n bottel wyn in Rocky Mafekengstraat gestap. Hy is deur twee mans genader wat die bottel wyn probeer afrokkel het. Samson is in die onderonsie met ’n mes gesteek en het op die toneel gesterf. * Op 31 Desember is ’n gesin in hul huis in Mont Roselaan, Paarl-Oos, deur vier gewapende mans oorweldig en vasgebind. Die rowers het ontsnap met R80 000 in kontant, sowel as juweliersware ter waarde van duisende rande. Nadat die rowers spore gemaak het, het die gesinslede hulself losgewikkel en die polisie ontbied. Tussen die juwele was ’n Rolex-manshorlosie en Indiese juweliersware. Enigiemand met inligting in verband met die juweliersware kan vir insp Rodger Dyason skakel by 021-807-7912. * Die pa van ’n maand-oue baba is van poging tot moord aangekla nadat hy sy kind teen die sinkplate van hul opslaanhuis vasgegooi het. Die voorval het in Fairyland plaasgevind en die baba het ernstige kopbeserings opgedoen tydens die voorval. * Daar was wel ’n afname in huisbrake, maar diefstal van- en vanuit voertuie het weer gestyg. Die publiek word gewaarsku om uiters versigtig te wees wanneer hulle hul voertuie verlaat, veral in afgesonderde gebiede. Die polisie het ook ‘n beroep gedoen op die publiek wat gebruik maak van die parkeerarea by Huguenot-stasie. Hierdie gebied het ’n probleemarea geword vir motordiefstal. Enigiemand met voorstelle kan vir insp Frederick
More
News
|