Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fietsryer van fiets gery deur onverskillige motoris

Fietsryer van fiets gery deur onverskillige motoris
 
2008-01-10


OP 28 Desember het ek en my man gaan fiets ry. Ongelukkig het ’n roekelose bestuurder my by die Paarl Mall se sirkel van my fiets afgery en het ek vele beserings veral ’n ernstige rugbesering opgedoen.

Vir die roekelose bestuurder van die voertuig gaan ek liewer nie eens ’n boodskap los nie, behalwe dat ek definitief nie klaar is met jou nie - veral nie nadat jy weggejaag het na die voorval en ek later moes uitvind dat jy sonder ’n lisensie bestuur het nie.

Vir die goedhartige mense van die Paarl wil ek net baie dankie sê, vir die vrou wat die ongeluk gesien en die voertuig agterna gesit het om die registrasienommer vir die polisie te gee, baie dankie daarvoor.

Ek wil veral vir ’n Engelse man met die naam Ian, wat sy voertuig langs my in die pad laat staan het waar ek gelê het, om my te beskerm teen ander voertuie en vir sy seun baie dankie sê.

Hulle het my bygestaan totdat die polisie en ambulans gekom het en my hand probeer vashou waar ek in pyn gelê het, ek sal julle nooit vergeet nie.

Hierdie optrede van julle gee my weer opnuut vertroue in my medemens. Baie dankie julle, dit is goed om te weet dat die Paarl se mense sulke goeie harte het.

Raakgery




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za