Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Oude Libertas bied hope somerpret

Oude Libertas bied hope somerpret
 
2008-01-10


DIE Oude Libertas-somerprogram is in volle gang en propvol met alles wat dié seisoen die heerlikste tyd van die jaar maak.

’n Besoeker van Suid-Afrikaanse herkoms is die tenoor Kobie van Rensburg, tans ’n vaste lid van die Staatstheater am Gärtnerplatz-ensemble in München, wat internasionaal gereken word as een van die voorste vertolkers van Händel, Bach en Monteverdi.

Oude Libertas is bevoorreg om dié naweek gasheer te wees (Vrydagaand en Sondagaand) vir twee uitvoerings van Nuove Musiche, met begeleiding deur vroeë-musiekspesialiste uit Europa en ’n aantal plaaslike kunstenaars.

Op Sondag 20 Januarie bring Jannie “Hanepoot” van Tonder sy orkes van 18 stuks en hulle gaan vermaak met Suid-Afrikaanse jazz, swing en selfs marabi en ghoema tydens ’n skemerkonsert.

Oude Libertas het ook ’n oplossing vir die ouers wat moedeloos gedink is aan maniere om die kleingoed besig te hou.

Elke Saterdagoggend om 10:00 is daar kinderteater soos Sonde met die Spoke, Raponsie, Mienkie en die Bosdwerg, Prinses Kyala en die Kersfeesdief, Jan en die Boontjierank en Rookappie en die Wolf.

Kaartjies is landwyd beskikbaar by Computicket of by die Oude Libertas-kaartjies­kantoor.

Skakel 021-809- 7473 of 021-809-7380 vir kaartjie besprekings en meer inligting rakende die program.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za