Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek en sprokie by Ou Meul

Musiek en sprokie by Ou Meul
 
2008-01-10


DIE sprokie Rooikappie en die Wolf is op die planke vandag om 10:00 by die Ou Meul teater.

Dié klassieke sprokie, oorspronklik deur die broers Grimm, is tot ’n vermaaklike toneelstuk verwerk deur Gaerin Hauptfleisch, wat ook die regie behartig en selfs een of twee verrassende verskynings op die verhoog maak as die teësinnige faktotum en algemene alles regmaker.

Soos in die sprokie dwaal Rooikappie van die pad af as sy medisyne vir haar siek ouma neem, en verdwaal sy in die bos.

Hier kom sy nare Dolf, die woeste wolf, teë, wat blitsvinnig ’n plan smee om haar en haar siek ouma as smaaklike happie te geniet, dalk met ’n sopie plantwortel-jenewer, want hy hou daarvan so.

Gehore sal dan maar net moet sien of die houtkapper en van die ander bosbewoners wat Rooikappie teëkom haar en haar ouma kan red van Dolf die Wolf se onderduimse planne.

Kaartjies is R30.

Saterdag om 20:00 sal Nedine Blom gaste vermaak.

Met die eerste oogopslag besef ’n mens dat Nedine Blom nie ’n tradisionele musikant is nie. Haar musiekstyl getuig van eenvoud, teerheid en passie. ’n Vurige rooikop met lewenslus wat skrik vir niks.

As gekwalifiseerde prokureur verkies Nedine Blom om sangopleiding te ontvang en met ’n sangloopbaan voort te gaan. Haar musiek bevat poëtiese lirieke en verleen ’n besondere kleur aan Afrikaanse musiek in die algemeen.

As sopraan het Nedine Blom gehore die afgelope tyd in vervoering gehad met haar suiwer stem en ongelooflike vertolkings van klassieke treffers.

Sy het die al die verhoog gedeel met van ons land se voorste kunstenaars soos Jannie Moolman, Sibongile Ngoma en selfs die rol van Christine in Phantom of the Opera gesing teenoor André Schwartz.

Kaartjie is R60.

Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za