DIE Paarl Rugbystreek se senior spanne het reeds begin oefen, Woensdagaande om 19:00 op die Daljosafatvelde. Die afrigters is Pompies Williams en Herman Andrews.
Die o.20, o.18, o.16 en o.14 proewe word gehou op 23 Januarie om 17:00 te Daljosafatvelde. Spelers in verskillende ouderdomsgroepe, van agt deelnemende klubs, word genooi na proefwedstryde.
’n Geboortesertifikaat of identiteitsdokument word benodig asook ’n vrywaringsvorm van die onderskeie klubs.
Vir navrae, skakel Gareth Watts by 083-227-8465 of James Pedro by 073-044-3989.
Die Paarl Rugby Streek bied op Sondag 27 Januarie ’n ses-’n-kant kriekettoernooi te Daljosafat-stadion aan waar die agt deelnemende klubs teen mekaar gaan meeding.
Almal is welkom by die familiedag.
Vir navrae, skakel Kevin Benjamin, sekretaris Paarl Rugbystreek, by 082-731-4879