Donderdag 17 Januarie begin die stoeiklasse van die Paarl Stoeiklub in die Ontspanningsaal in Du Toitstraat.
Ou lede en nuwe belangstellendes word genooi om elke Donderdag van 18:00 tot 19:30 te oefen.
Stoeiers van enige ouderdom, van vyf tot 80, is welkom, en so ook meisies en vroue.
“Met stoei oefen ons speel-speel,” sê Johan Jordaan, voorsitter van die Stoeiklub.
“Dit gaan oor tegnieke, spoed, vaardigheid en beweging. Almal wat aansluit, geniet dit.”
Skakel Joraan by 072-385-6510 vir navrae.