Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bootmanne onder skuim

Bootmanne onder skuim
 
2008-01-10


DIE stuurmanne van Wellington het vanjaar hul teenstanders by die Trans-Agulhas rubberbootwedren onder die skuim gery, maar self ook ’n paar sakke sout moes sleep.

Dit was die 20ste herdenking van die Trans-Agulhas, wat op 28 Desember afgeskop het by Hobiestrand, Plettenbergbaai. Onlangse vloede en verspoelde strande met opdrifsels, het veral die strandhaltes bemoeilik.

Dag een, van Plettenbergbaai na Mosselbaai, het met gemengde welslae vir die Wellington spanne begin.

Die span van Steyn Basson en Jan Kriel in die P750 Blueprintklas (Agriwire) het voorgeloop in hul klas na 60km toe die teenspoed toeslaan. Die span het ’n krukas gebreek en kon nie die been voltooi nie.

André le Roux en Nicolaas de Villiers in dieselfde klas (Wellington Fruit Processors) het ook teenspoed gehad met ’n gebreekte tillerarm, maar kon die skof voltooi.

Nog ’n kompeteerder in dieselfde klas, JD de Villiers en Dirk Crafford (African Sanitation), het van die begin af moeilikheid met hitte in die motor gehad.

Die verrassing het van die Zing/Slabber Burger Transport span van Jacques Groenewald en Adriaan van Wijk gekom in die P750 Standard Novice klas.

Hulle het die eerste dag se skof in hul klas gewen en nooit teruggekyk nie. Met tawwe kompetisie, moes hulle jaag om voor te bly.

Op dag twee het ’n suidwestewind die see deurmekaar gemaak. Die span van Agriwire het te danke aan hul landspan en werktuigkundige, Donald Horne, die enjin herbou om die volgende skof te wen.

Met ’n twee uur agterstand, was dit egter onmoontlik om die Agulhas te wen.

Zing/Slabber Burger Transport het hul goeie vertoning voortgesit om tweede in die skof te eindig en hulle voorsprong in die Novice klas te behou.

Africa Sanitation het weer oorverhit en is gediskwalifiseer van die resies.

Dag drie en mis het dinge bemoelik. Zing/Slabbert Burger Transport het tweede ingekom in hul klas.

Die middag se branderroete het sy tol geëis vir die Agriwire span met ’n motor wat toe ook oorverhit. Met ses uur voor die nagresies, was die skrif aan die muur. Met nog ’n uitstekende spanpoging, kon die span net betyds klaarmaak om ’n tweede plek in te palm in die Jack Tar Rum nagresies.

Zing/Slabbert Burger Transport het weereens uitstekend vertoon deur ’n tweede plek in te palm vir sowel die middag se branderroete as die nagresies.

Dag vier het tegnies die moeilikste been gehad, van Struisbaai na Gansbaai. Die enorme deining het die standhaltes moeilik en gevaarlik gemaak.

Die resies van die span van Wellington Fruit Processors is beëindig toe hulle oor ’n versteekte rotsbank gejaag en hul ratkas en skroef verloor het.

Agriwire en Zing/Slabbert Burger Transport het onderskeidelik tweede en derde in die skofte geëindig. ‘n Spesiale been (sprint) van Gansbaai na Hermanus het gevolg, met Agriwire ver voor.

Dag vyf, die finale dag, het kalm begin, maar met groot deinings was die eerste twee haltes op die strande van Onrusrivier en Kleinmond ongelooflik rof.

Daarna het die wind sterker geword en omstandighede verder bemoeilik.

Agriwire het die skof met oortuiging gewen om hul stempel as die nommer een span in Suid-Afrika gestand te doen.

Zing/Slabbert Burger Transport het derde in die skof geëindig. Met ’n 20 minute oorwinning oor hulle naaste teenstander, was dit ‘n uitstekende vertoning. Wat die vertoning nog beter maak, is dat die span derde uit al die Standards geëindig het.

“Ons voorbereiding, fiksheid en genade van die Here het ons hierdie oorwinning besorg.

“Baie dankie aan ons borge, uitstekende landspan en ondersteuning van vriende en familie. Nou lê daar ’n taai nasionale seisoen voor, maar ons is reg vir dit!” het Groenewald en Van Wijk te sê gehad in Stellenbosch ná die prysuitdeling.

Hulle het ook die gesogte prys as beste stuurman en mede-stuurman van die resies ingepalm.

Die eerste episode word op 14 Januarie om 19:00 op Supersport uitgesaai en daarna elke Maandag daarna.

Die volgende byeenkoms is die naweek van 2 en 3 Februarie by Blouberg.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za