Voorbok
2008-01-10
BOK-BREIER. Die Paarl is nog ’n Springbok ryker, nadat dit gister aangekondig is dat Peter de Villiers (50) die leisels sal oorneem by Jake White as nasionale Springbok-breier. De Villiers het reeds diep spore getrap as afrigter, soos toe hy die o.21 Springbokke gelei het na oorwinning in die IRB o.21 Wêreldbeker in 2005. De Villiers het 20 jaar ondervinding as rugby-afrigter en het Curriebekerspanne soos die Valke van Gauteng en die Olifante van die Oos-Kaap afgerig. Hy was ook assistent-afrigter van WP. De Villiers, ’n voormalige laerskoolonderwyser van New Orleans, Paarl, het vroeër gesê dat as hy dié afrigterspos kry, sal hy verseker dat alle rugbyspelers ’n regverdige kans gegun word om as Springbok uit te draf.
More
News
|