Verkeerslig bly stukkend
2005-06-15
GEDURENDE die eerste week van Februarie 2005 het ek opgelet dat die verkeerslig oorkant die pad op die hoek van Hoofstraat en Markstraat wel vir die verkeer werk.
Dit is die voetoorgang lig wat nie ‘n rooi- of groen man vertoon nie, met die gevolg dat die voetoorganger nie met veiligheid die oorgang gebruik nie.
Ek het daardie Donderdag in Februarie, toe ek dit opgemerk het, dit dadelik aan die verkeersdepartement se elektriese afdeling gerapporteer.
So het ek nou al baie oproepe na daardie afdeling gemaak. Elke keer verseker die persoon dat die fout herstel sal word.
Moet daar nou eers iemand beseer word of doodgery word voordat die lig herstel word?
Waarom word daar munisipale belasting betaal? Hoeveel ure werk hierdie groep mense wat die verkeersligte in stand moet hou in ‘n week?
Isobel Jansen van Vuuren
More
News
|