Kuns op wynplaas
2008-01-17
'n NUWE kuns uitstalling van nuwe werke deur Andy Goldsworthy en Ouattara Watts open Woensdag 30 Januarie by Glen Carlou Wynlandgoed, Paarl. Goldsworthy van England en die Amerikaner Watts is albei bekend vir die ongewone aard van hul skeppingsproses. Hierdie twee węreldbekende kunstenaars kom hierdie maand Paarl toe om toesig te hou oor die installering van hul kunswerke vir dié jongste tentoonstelling op die wynplaas in die Paarl. Die uitstalling vorm deel van die Hess-versameling wat bestaan uit meer as 1 000 skildery, beelde en multimedia-werke deur sowat 165 kunstenaars, wat elkeen persoonlik deur Donald Hess (eienaar van Glen Carlou) gekies is.
More
News
|