Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaardes stal kuns uit

Bejaardes stal kuns uit
 
2008-01-17


Die jaarlikse uitstalling van kunswerke deur ’n groepie bejaarde Wellingtonners het pas in die Breytenbach-sentrum op Wellington geopen.

Die vroue, tussen 70 en 85 jaar oud, woon die afgelope paar jaar weeklikse kunsklasse by die Wellingtonse ACVV se dienssentrum vir bejaardes by.

Die klasse word aangebied deur Marlene von Maltitz.

Sy lei die groepie op in die gebruik van pastelle, olie- en waterverf, in beeldhouwerk en lapkuns.

Hulle werk is in die verlede jaarliks by die dienssentrum uitgestal.

Die omvang van vanjaar se uitstalling het hulle egter verplig om nou na die groter uitstallokaal van die Breytenbachsentrum oor te skuif.

Die uitstalling duur tot die einde van aanstaande week.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za