Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grafiese ontwerp vir effektiewe kommunikasie

Grafiese ontwerp vir effektiewe kommunikasie
 
2008-01-17


DIE uitleg en grafiese elemente van enige dokument, soos die lettertipe, lettergrootte, spasiëring en kleur, bepaal in ’n groot mate of die dokument gelees word.

Dié uitleg-aspekte van jou nuusbrief of brosjure kan selfs belangriker wees as die inhoud daarvan.

Beskik jy oor al die nodige uitleg-kennis om inligting effektief te kommunikeer?

Die Universiteit Stellenbosch Taalsentrum bied op 20 Februarie ’n praktiese en interaktiewe werkswinkel aan oor die basiese beginsels van ’n dokument se grafiese elemente en uitleg-aspekte.

Daar sal op die volgende gefokus word op tipografie, beginsels van ontwerp, komposisie en bladuitleg, ruitekaarte en reproduksie van druk of digitale medium.

Jy sal ook die geleentheid kry om vrae oor jou eie dokumente se uitleg aan die aanbieder te stel.

Die aanbieder is Elmarie Costandius, ’n bekroonde grafiese ontwerper en ’n dosent in Visuele Kommunikasie Ontwerp by die Universiteit.

Slegs 15 deelnemers kan geakkommodeer word, sodat elke deelnemer persoonlike aandag kan ontvang. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 11 Februarie. Die werkswinkel word in Afrikaans aangebied en kos R900.

Skakel Maretha Joyce by 021-808-2167 of e-pos haar by mjoyce@sun.ac.za




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za