Vrywilligers vir kinderversorging
2008-01-17
KINDERSORG SA se nasionale MIV/Vigs-program wat fokus op die versorging van kinders word tans dwarsoor Suid-Afrika geïmplimenteer in loodsprojekte. Dit is ’n kindgesentreerde strategie wat finansieel ondersteun word deur die United States Agency for International Development (US AID). In die Wes-Kaap is areas soos Wellington en die Paarl as deel van die projek geïdentifiseer. In elk van hierdie gebiede sal 25 vrywilligers gewerf word om by die projek betrokke te raak. Vrywilligers sal gedurende Januarie gekies word en opleiding sal geskied vanaf 18 tot 22 Februarie. Hulle verantwoordelikheid sal insluit bekendstelling van die projek, identifisering van kwesbare kinders, ontwikkeling van sorgplanne, hulp met maatskaplike toelaes, krisishulp en bewusmakingsprogramme. Mense op Wellington kan navraag doen en aansoekvorms bekom by Getruth Cloete by Safmarine Gemeenskapsentrum, Coodestraat, Vanwyksvlei, Welling- ton of haar skakel by 021864-1383. Skakel Bernita Williams by Paarl Kindersorg 021-862-6182
More
News
|