Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ek wil eintlik net 'n brood gaan koop

Ek wil eintlik net 'n brood gaan koop
 
2005-06-15


EK maak die broodblik oop. Dis leeg! Net gou ‘n brood gaan koop in die dorp...

Gou? Nie in die misdaadgeteisterde (nuwe) Suid-Afrika nie!

Eers die middelste tuinhekkie oopmaak sodat die honde (“bred to kill”) reg rondom die huis kan hardloop.

Dan alle vensters toemaak en toesien dat al die deure en traliehekke toe en gesluit is.

Nou begin die uittog met die “sleutels”!

Die eerste sleutel word gebruik om die alarm te aktiveer. Dan sluit ek die voordeur toe (sleutel 2). Die derde sleutel sluit die klein slotjie binne die voordeur toe sodat niemand ‘n sleutel in die slot kan sit nie. Sleutel vier sluit die veiligheidshek toe.

By die motor gebruik ek die “remote” om die motoralarm te deaktiveer (sleutel 5). Sleutel ses sluit die motordeur oop. Dan die sleutel (sewe) om die immobiliseerder te aktiveer en sleutel 8 maak die ratkas-slot oop, terwyl sleutel nege die Gorilla-slot oopsluit...

O ja, ek wil motorradio luister. Sleutel 10 moet die kattebak oopsluit sodat ek die “face” van die radio kan uithaal, dit kan opsit om dan na die radio te kan luister...

Eers die “Pin nr” invoer sodat die radio aanskakel (nog ‘n veiligheids-hassle).

Uiteindelik skakel ek die motor aan met sleutel 11... Wag, die “remote” van die motorhek (sleutel 12) laat dit oopgaan.

Ek ry uit en gebruik weer die “remote” om die hek te laat toegaan.
By die dorp hou my ellende nie op nie. By die parkeerarea is die selfaangestelde parkeeraanwyser dadelik by om “na my kar te kyk”. R2 is die “going rate” wat ek vir hierdie beskerming betaal.

Om die eerste straathoek keer ‘n bedelaar my voor “vir ‘n stukkie kos”, nog R2 word uitgehaal.

Nadat ek die brood en ander kruideniersware gekoop het, is die “trollie management” daar om my trollie weer terug te neem. Nog R2. Almal lyk nou gelukkig.

Terwyl ek terugry, dink ek wrang daaraan dat die “beskerming en dienstefooi” van totaal R6 meer kos as die broodprys van R4,50.

Ja, en die tros sleutels - selfs al verloor ek net een sleutel, kan ek nie ry nie en ook nie in my huis kom nie!

Geen wonder dat die bankbestuurder (bestaan daar nog so iets) nou die dag nog vir my gesê het dat “crime” is die grootste skepper van werk.

Waar is die “goeie ou dae” toe jy net een sleutel nodig gehad het vir die motor en een vir die voordeur?

Sleutelbewus



More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za