Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Seun sterf onder wiele

Seun sterf onder wiele
 
2008-01-17


’n JONG seun het op die vooraand van die nuwe skooljaar tragies gesterf nadat hy onder die wiele van ’n motor beland het.

Waylin Pieters (13) het Maandag vir ’n groentesmous gehelp om spanspekke in die Paardeberg omgewing te gaan haal.

Met hul terugkoms na die Paarl is hul voertuig deur ’n bakkie getref toe hulle die kruising van die R44 en die Voor-Paardebergpad oorgesteek het.

Waylin is uit die motor geslinger en het onder die wiele van die bakkie beland.

Alhoewel sy beserings op die oog af nie te ernstig gelyk het op die toneel nie, het hy enkele ure later in die Paarl Hospitaal gesterf aan inwendige beserings.

Die bestuurder van die voertuig, Basil Arendse, is lig beseer.

Hierdie kruising is reeds ’n geruime tyd berug vir talle noodlottige ongelukke wat hier plaasvind.

Waylin het by ’n familielid, Eva Bradwell, in Disastraat 19a, Klein Nederburg, gewoon.

Sy oom, Pieter Blaauw, het vertel dat die hele familie geskok is deur Waylin se skielike dood.

“Hy sou vanjaar as graad 7 leerder by William Lloyd begin en het baie daarna uitgesien. Ons het Saterdag al sy nuwe skoolklere en skryfbehoeftes gaan koop en hy was baie opgewonde oor die komende skool jaar.

“Waylin het dikwels in die vakansietye vir ’n groentesmous wat ook in Disastraat woon, gehelp vir ’n bietjie bykomende sakgeld.

“Toe dit Maandag so warm was, sou Waylin saam met sy vriende gaan swem het. Net toe hy op pad was na die swembad is hy gevra om weer te help vrugte laai.

“As hy maar net by die huis gebly het, sou hy vandag nog met ons gewees het.”

Waylin se begrafnis vind Saterdag om 09:00 plaas by die huis en daarna om 10:00 by die AGS Kerk, Beukesstraat.

* A boy was killed in a car crash, days before his return to school.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za