Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rock saam met perde en honde

Rock saam met perde en honde
 
2008-01-17


VAN die Kaap se voorste blues-rock­groepe, The Thunderbirds, tree op Saterdag 2 Februarie op tydens die Hoefslagfees by die Crow’s Nest Wynlandgoed (langs die R44 tussen Klapmuts en Wellington).

Hulle speel hoofsaaklik treffers uit die sestiger- en sewentigerjare, maar hul musiek is ook op die jonger geslag gerig.

Die leier van dié sesmangroep is die bekende Rupert Mellor, wat jare gelede saam met die beroemde McCully’s Workshop opgetree het.

Van die ander orkeslede het ondervinding van optredes met die Peanut Butter Conspiracy en Late Final.

Ofskoon die orkes vanaf 17:30 optree, word die feesdag op die terrasse voor die wynkelder reeds vanaf 10:30 gevul met opwindende perdevertonings deur ongeveer twaalf perde- en ponierasse en met ’n verskeidenheid hondekompetisies. Vanaf mini-hon­de tot skaaphonde sal hul passies wys.

Benewens die wyne wat Crow’s Nest kan bied, sal daar ook ’n kontantkroeg en talle kos- en verversingstalletjies wees, asook vermaak vir die kinders.

Om die feestelike atmosfeer te verstewig, word die publiek versoek om in mode- of kostuumdrag by die geleentheid op te daag. ’n Kis met van die landgoed se beste wyne is op die spel vir die besgeklede paartjie. Die aankondiging van die pryswenner is om 15:30 in die hoofarena.

Mense word versoek om kussings, sambrele en selfs gazebo’s saam te bring.

Vir verdere besonderhede, kontak Marcel de Reuck by 082-920-4788 of Hennie Basson by 072-273-6042. Roché Vermaak is vir die hondeskou verantwoordelik en kan geskakel word by 082-899-9286.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za