Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Saroniete op die planke

Saroniete op die planke
 
2008-01-17


INWONERS van Saron lewer ’n groot bydrae tot die Suidoosterfees met hul musiekblyspel “Die Swart Bank”.

Dit word aangebied deur die Saron-toneelgroep onder leiding van Hennie van Greunen (skrywer), Pedro Kruger (regie en musiek) en Michelle Pietersen (verhoogbestuurder).

Dit voer die gehoor terug na die gebruike van die verlede, toe kerklike tug streng toegepas, en gemeentelede voor die lidmate moes boete doen, deur op die “swart bank” voor in die kerk te sit tydens nagmaal. Hulle mag nie nagmaal gebruik het nie.

Dié skandbank het bekend gestaan as die “swart bank” in die kerk wat die middelpunt van die dorp se gemeenskapslewe is.

Die akteurs wat Woensdag 30 Januarie (18:00) en Saterdag 2 Februarie 15:30 te sien is, is Fallon Fransman, Joan Ehrenreich, Anne Owies, Thomas Sofat, Dennovan Sofat, Riaan Mintoor, Derrick Plaatjies, Riana Marsh, Louisa Engelbrecht, Waylan de Wee, Elvis Boer en Lee-Ann Marsh van die Saron gemeenskap.

Wat maak van mens ‘n sondaar? As jy voel die liefde is suiwer, jou motiewe edel en die situasie uniek, wat dan? En wat van die vier Aasvoëlsusters wat dag na dag sit en brei met die veelkleurige wol? Wat brei hulle en vir wie? En Jan Balie met sy kitaar; is daar iets donkers wat agter sy blink oë skuil?

En Louisa. Die mooie Louisa met haar lenige lyf en uitdagende oë? Kyk hoe hierdie karakters in die skadu van Saronzberg stories uitspeel so oud en herkenbaar soos die mensdom self. Kaartjies is R25 by Computicket of Kunstekaap tel 021-421-7696.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za