Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Daar leef mense daar

Daar leef mense daar
 
2008-01-17


BY die Suidoosterfees sal Marko van der Colff se puik vertaling van Athol Fugard se toneelstuk, “Daar leef mense daar”, te sien wees met spelers Denise Newman, Paarliet Johann Nel en ander.

Die drama is te sien Vrydag 1 Februarie om en Saterdag 2 Februarie om 18:00, Sondag 3 Februarie om 15:30, Dinsdag 5 Februarie om 17:30, Woensdag 6 Februarie om 20:30, Donderdag 7 Februarie om 17:30 en Vrydag 8 Februarie om 20:30.

Die Suid-Afrikaanse dramaturg Athol Fugard word węreldwyd gesien as een van die beste hedendaagse dramaturge, en sy bekende drama “People are living there” – geskryf in die 1960’s – word beskou as een van die beste dramas uit die suidelike halfrond.

Soos in al Fugard se werk, sien ons hier ook die krag en uithouvermoë van die mens in die aangesig van teëspoed en vernedering, en die noodsaaklikheid van hoop en humor om heling te bring in ’n uitsiglose bestaan.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za