Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Fratsongeluk eis jong man

Fratsongeluk eis jong man
 
2008-01-17


Lise Beyers

’n FRATSONGELUK het gelei tot die grusame dood van ’n jong man in Suider-Paarl.

Die tragiese voorval het Dinsdagoggend plaasgevind by Boland Plant Hire in die Ben Bernhard-landgoed, waar Emile van der Sluys, van De Hollandsche Mollen in Wemmershoek, het hier saam met sy stiefpa, Willem Botha gewerk het.

Hulle was besig om ’n dak te herstel by die onderneming suid van die Paarl toe hulle ’n vurkhyser nader aan die dak getrek het.

Emile het bo-op die hyser gestaan en was besig om aan die dak te werk, toe hy sy balans verloor het.

Hy het agteroor geval, die beheerhefboom getref en onder die hyser se vurkmeganisme beland.

Die meganisme is geaktiveer en Emile is vergruis voordat iemand hom kon help.

Emile het in 2005 by Hoërskool Gimnasium gematrikuleer en hierna het hy saam met sy stiefpa gewerk.

Hy word oorleef deur Botha, sy ma Kittie asook sy broers, Marco (22) en Lourens (24).

* A young man died in a freak accident when he got caught in the mechanism of a fork-lift.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za