Behuisingsnood pla in Drakenstein
2008-01-17
GRAAG wil ek as inwoner en oudpolitieke stryder (1979-1989) my bekommernis ten opsigte van die behuisingnood lug. Na my gesprekvoering in verlede jaar met die portefeuljehouer van behuising sien ek dat daar nog niks aan gedoen is nie. Na verneem word, is daar sowat 17000 mense op die behuisingwaglys in die Drakensteingebied. As ons kyk na die huidige omstandighede in die behuisingmark, is dit onmoontlik vir die gewone man op straat om ’n bekostigbare huis te bekom. Op ons waglyste is daar mense wat ’n kleinerige huis kan koop, maar nie kwalifiseer by die bank vir ’n lening nie (R400 000). Ek wil ons stadsvaders vra: • Bou huise wat bekostigbaar is (R200 000) en stel behuisingslenings beskikbaar sodat die gemiddelde inkomstegroepe dit kan koop. • Gee voorkeur van huise en grond aan mense op waglyste • Bespoedig die bou van laekoste huise (RDP) en breek dan die onwettige strukture op munisipale grond af. Philo Davids
More
News
|