’n GESIN van Newton het die afgelope naweek ’n grusame verwelkoming gehad toe hulle Sondagmiddag teruggekeer het na hul huis in Newton, Wellington.
Met hul aankoms daar het hulle op die liggaam van ’n pasgebore baba buite hul huis afgekom.
Die hulp van die polisie is ingeroep, en by nadere ondersoek is dit vasgestel dat die pasgebore babadogtertjie die kind is van ’n sestienjarige meisie wat by hulle tuisgaan.
Die meisie was alleen by die huis en niemand het geweet dat sy swanger was nie.
Na bewering het sy alleen geboorte gegee en die kind vroeër die dag by ’n venster uitgegooi. Dit is steeds onseker of die kind doodgebore is of weens blootstelling gesterf het.
’n Woordvoerder van die polisie het gesê dat die meisie baie getraumatiseer is na die voorval en dat hulle steeds ondersoek instel na die tragiese gebeurtenis.
* A family from Newton had a grusome find, when they discovered the body of a newborn baby outside their house.