Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rentekoerse kan verder styg

Rentekoerse kan verder styg
 
2008-01-17


DIE rentekoerse kan binne die volgende paar maande een, of selfs twee keer styg, meen Tony Clarke, die Besturende Direkteur van Rawson Properties, weens die huidige inflasiekoers van 7,9% - sowel as die feit dat inflasie heel waarskynlik die 8% grens binnekort gaan oorskry.

“Die verhoogde inflasiekoers (3,7% meer as 18 maande terug), tesame met die vinnige styging in kos- en petrolpryse en die 4% (binne 18 maande) verhoging in rentekoerse het daartoe gelei dat Suid-Afrikaners ’n groot daling in hul maandelikse besteebare inkomste ervaar,” sê Clarke.

Die algemene publiek se skuld, voeg hy by, het oor die afgelope twee jaar van 61% tot 77% van hul besteebare inkomste gestyg en hierdie neiging het dit noodsaaklik gemaak om strenger kredietverleningskriteria daar te stel in die vorm van die Nasionale Kredietwet.

“Die verandering in die ekonomiese klimaat word definitief ook in die eiendomsmark ervaar: ons sien ’n afplatting in die beleggersmark en in die verkope van eiendomme langs die see (vakansiehuise/ twee­­de eiendomme), as gevolg van die feit dat die publiek geforseer word om hul uitgawes te verminder.

“Absa berig dat huispryse se groei oor die afgelope jaar na 9,6% afgeplat het – ’n vlak wat dit laas in Mei 2001 bereik het. Daar was ook sedert April verlede jaar ’n afname van omtrent 20%-30% in die aantal eenhede wat verkoop is.

“Wanneer ’n mens al hierdie faktore in ag neem,” sê Clarke, “is dit duidelik dat ons kan uitsien na ’n jaar waar eiendom moeiliker gaan wees om te verkoop en groei toon teen ’n stadiger tempo. Verkopers sal daarom met realistiese, markverwante aanbiedinge op hul eiendomme moet tevrede wees.”

Clarke voorspel dat die dempende effek van die hoër rentekoerse mense vinniger gaan beïnvloed as wat hul besef en behoort inflasie tot ’n meer aanvaarbare vlak te verlaag teen die middel van 2008.

Dit, sê hy, behoort tot ’n stabilisering in rentekoerse in die tweede helfte van die jaar te lei.

Hy voorspel dat die huidige ekonomiese siklus vir die volgende 18 tot 24 maande gaan voortduur en dat die Nasionale Kredietwet wat steeds ’n invloed op die mark het, kliënte gaan dwing om hul spandering aan te pas, ten einde eiendom te kan bekostig.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za