Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Krieketkoors

Krieketkoors
 
2008-01-17


EERSKOMENDE Saterdag bied Wellington Krieketklub hul 21ste geborgde ses- aan-’n-kant krieketdag te Pen Bassonveld op Wellington aan.

“Na baie jare se harde werk kan ons vandag met trots sê dat ons die grootste ses- aan-’n-kant kriekettoernooi in die Wes-Kaap aanbied,” sê Marius Groenewald, organiseerder van die toernooi.

Die toernooi bestaan uit 16 spanne met familie en vriende wat die dag kan geniet op een van die mooiste velde in die Boland.

Die spanne begin 08:30 die oggend en die plaat en finaal begin van 16:00 die middag.

Toeskouers kan groot sesse en stylvolle viere verwag.

Vir die spanne wat presteer, is daar ook groot pryse te wen.

Deur die dag is hotdogs, pasteie, broodjies, pannekoeke, koeldranke en vele meer beskikbaar. Vir kinders is daar springkastele.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za