Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gevaarlik vir fietsryers by sirkels

Gevaarlik vir fietsryers by sirkels
 
2008-01-17


NA aanleiding van die brief oor die dame wat raakgery is op haar fiets wil ek noem dat ek ’n soortgelyke ervaring oor die Kerstyd gehad het by die sirkel op pad na Langenhovenlaan in die Paarl. Ek is rakelings gemis deur die motorbestuurder.

By ’n vorige geleentheid het iemand oor die rooi verkeerslig gery en my ook byna raakgery op my fiets!

Besef motoriste nie hoe weerloos fietsryers en stappers is nie?

Bestaan die verkeerspolisie nog in die Paarl? Hoekom word daar nie soms gepatrolleer op ons paaie nie?

Motoriste bestuur soms uiters gevaarlik en vinnig - dit is onaanvaarbaar dat daar niks aan die probleem in die Paarl gedoen word nie.

’n Paar spoedkameras op bekende plekke sal wel fondse genereer, maar los nie die probleem van wetteloosheid op nie. Tree asseblief op in 2008.

Alta Visagie




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za