Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl val vas

Paarl val vas
 
2008-01-17


PAARL se eerste krieketspan het die afgelope naweek ’n terugslag beleef toe hy Sondag onverwags teen Wellington vasgeval het.

Dit volg op die pragoorwinning wat hulle die vorige dag oor die span van Vredenburg/Saldanha behaal het.

Tydens Saterdag se kragmeting het Vredenburg/Saldanha geen teenvoeter gehad vir die goeie boulwerk van die tuisspan nie en hulle is vir slegs 37 lopies uitgehaal.

Vir die tuisspan het Lyndon Fredericks (4/7) en Hilroy Paulse (2/17) geskitter met die bal.

L Williams (10, 1x4) is enigste kolwer van die besoekers wat dubbelsyfers kon aanteken.

Paarl het die wenlopies in die agtste boulbeurt behaal, maar het drie paaltjies verloor in sy poging om ’n bonuspunt te verdien.

Shane Summers (2/11) was die besoekers se beste bouler.

Sondag het Paarl ’n weg-wedstryd gespeel teen Wellington op die Pen Basson Veld. Paarl het daarin geslaag om Wellington uit te haal vir ’n lopie-totaal van slegs 150/9.

Vir die tuisspan het Pieter Bergh (33, 6x4) en Christie Schreuder (49, 5x4 en 1x6) uitgeblink met die kolf.

Paarl se beste boulers was Hilroy Paulse (2/20), Lyndon Fredericks (2/34) en Clint Philander (2/32).

Die Paarlse kolwers het egter teleurgestel en die boulers se werk ongedaan gemaak.

Paarl is vir ’n skamele 89 lopies uitgehaal met aanvangskolwer Elreigh Jansen (46, 4x4 en 1x6) wat die helfte van die span se lopies aanteken.

Christo Ritter (2/4), Greg Jardine (2/20), Ashwill de Vries (2/23) en Martin van der Merwe (2/7) het gesorg dat hulle span die wedstryd maklik wen.

Paarl II is nog onoorwonne in die kompetisie en lyk na ’n sterk aanspraakmaker op die titel. Hulle het die afgelope naweek vir Vredenburg/Saldanha II met 8 paaltjies geklop.

Paarl II het ook vir Wellington II met 8 paaltjies geklop.

Paarl III het die naweek teen Mbekweni gespeel en die wedstryd met 6 paaltjies gewen.

* Saterdag speel Paarl I teen Bergrivier I op die Parys-velde, Paarl II teen Bergrivier II op Weltevrede, Paarl III teen Young Peoples III op die Parysveld en Paarl IV het ’n weg-wedstryd teen Klapmuts.

Sondag speel Paarl I teen Worcester United I op Worcester en Paarl II speel teen Worcerster United II op die Parysvelde.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za