Lise BeyersDIE Paarlse regstelsel is in chaos gedompel nadat ’n reuse-brand by die Landdroshof gelei het tot die verwoesting van honderde hofdokumente.
Die brand het Woensdagoggend ongeveer 03:00 uitgebreek in die administratiewe afdeling en die siviele hof.
Volgens brandweerbeamptes het die brand blitsvinnig deur die kantore versprei weens die houtafwerkings van die gebou en die stapels papier wat vrylik rondstaan.
Die kantoor van die waarnemende hooflanddros, Muradjee Naik, is totaal en al in puin gelę.
’n Groot gedeelte van die dak het inmekaargesak en ’n nuwe regsbiblioteek is ook verwoes.
Die onderhoudskantore wat onder die gebied is wat in puin gelę is, het volgens ooggetuies baie waterskade opgedoen.
Gister het verslae hofpersoneel probeer vasstel wat die omvang van die skade is, maar dit sal etlike dae neem voordat dit bepaal kan word.
Daar word vermoed dat honderde interdikte en uiters belangrike hofdokumente vernietig is wat nie op ’n rekenaarstelsel is nie.
Verleë hofgangers het Woensdagoggend voor dooiemansdeur aangekom en gekyk hoe rook steeds uit die smeulende dak styg.
Hulle is na die Paarl streekhof oorkant die stadsaal verwys, waar hordes mense later tou gestaan het om geholpe te word.
Die senior aanklaer van die Landdroshof, Juanita Williams, het gesę dat die hofpersoneel soveel moontlik sal doen om hofgangers te help.
“Hier is een hofsaal by die streekhof wat aan ons gegee is om te gebruik. Ons sal kyk hoe ver ons kan kom, maar die meeste hofsake sal uitgestel word.
“Tans is dit onseker wanneer ons die onbeskadigde howe weer sal kan gebruik.”
Volgens hofgangers is alle onderhouds- en sivielesake wat tans loop, tot Maart uitgestel.
Gister het forensiese deskundiges die toneel gefynkam om die oorsaak van die brand vas te stel. Hierna sal opruimingswerk eers kan begin.
* A fire which swept through the Paarl Magistrate’s Court building has brought the local legal system to its