YOUNG PEOPLES het Saterdag op Daljosafat die tweede helfte van die seisoen goed begin deur Bergrivier met 106 lopies te klop.
Peoples het eerste gekolf en 273 lopies in 45 beurte aangeteken. Shaun Cutting, (42, 3x4), Edwin Jacobs, (38, 3x4) en Mark Borcherds (35, 2x4 en 2x6) was die Tiere se beste kolwers.
Vir die besoekers het Fabian Arendse met 3/50 hard probeer om Peoples se kolwers van koers te kry.
Bergrivier het goed begin met Darren Isaacs wat 52 lopies (8x4) van 46 balle gemoker het.
Mark Borcherds (4/8), Edwin Jacobs (3/22) en Charlton Daniels (2/35) het egter goed geboul en Bergrivier is vir net 167 lopies uitgeboul.
Ander uitblinkers vir die besoekers was Fabian Arendse (42, 5x4) en Charlton Manuel (40, 4x4 en 1x6).
Peoples het Sondag op New Orleans aangetree vir sy derbywedstryd teen GMT Paarl-Oos. Die tuisspan het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.
Skitterende naatboulwerk deur Charlton Daniels (2/15) en Anrico Bailey (2/22) het die tuisspan laat sukkel. Brendan Adams (2/11) het ook sy draaiballe die werk laat doen om Paarl-Oos vir 115 lopies uit te boul. Net Jackie Daniels (24 n.u.n, 2x4) kon enigsins weerstand bied.
Peoples het die telling gejaag en Adams het met 44 lopies (7x4) die leiding geneem. Hy is goed bygestaan deur Hershille Barron (26, 3x4). Peoples het die wedstryd met vier paaltjies gewen en so ook die voortou in die kompetisie geneem.
* Saterdag het Paarl-Oos vir Malmesbury op hul tuisveld geklop. Paarl-Oos het eerste gekolf en 227/6 aangeteken.
Tiaan Cloete (48, 3x4), Bruce Miller (45, 3x4), Waylin September (33, 3x4) en Jackie Daniels (33, 2x4) was Paarl- Oos se beste kolwers.
Vir die tuisspan het C Oosthuizen (2/28) en E Peterson (3/38) goeie boulwerk gelewer.
Malmesbury kon slegs 111 lopies aanteken voordat PaarlOos se boulaanval die hele span uitgeboul het.
Vir Malmesbury het Marius Apollis goed gekolf en 49 lopies aangeteken (8x4 en 1x6).
Waylon September het uitstekend geboul (6/25).
* Eerskomende Saterdag speel Peoples I en II tuis teen Wellington. Peoples III speel weg teen Paarl III. In ’n ander wedstryd pak Paarl-Oos I vir Worcester I op hulle tuisveld. Sondag speel Peoples I en II weg teen Malmesbury. Peoples III het ’n loslootjie. Paarl- Oos speel tuis teen Vredenburg/Saldanha