Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Eerste sooi gespit vir nuwe skoolgebou

Eerste sooi gespit vir nuwe skoolgebou
 
2008-01-17


DIS ’n jaar gelede dat die bouplanne van ’n ultra-moderne nuwe skoolgebou vir Wellington Hoërskool in Vanwyksvlei deur die Wes-Kaap Onderwysdepartement (WKOD) goedgekeur is.

Dinsdag, ’n dag voordat skole in die Wes-Kaap sou heropen, het onderwys-minister Cameron Dugmore die eerste sooi op die bouterrein langs die skool gespit om boubedrywighede amptelik aan die gang te sit.

Raadslede Alfred Tshiya, Nkhosinati Tyesi, Conwal du Plessis, Deon de Koker en sonevoorsitter Zithembele Kem asook vorige raadslid Appolis Solomon was saam met onderwysers en ouers teenwoordig.

“Wanneer hierdie fokusskool vir Kuns en Kultuur klaar gebou is, sal dit een van die duurste skole in die provinsie wees,” het Dugmore gesê.

“Wat daarbinne gebeur en hoe die fasiliteite uiteindelik gebruik en aangewend word tot voordeel van die opvoeding van die kind, is egter wat belangrik is.”

Dugmore het gesê dat daar hard gewerk word om in die skoolbehoeftes van die provinsie te voorsien.

Saam met die vyftien nuwe skole wat sedert einde 2005 gebou was, agt nuwe skole verlede jaar en nog vier wat hierdie jaar voltooi word, bring dit die aantal nuwe skole vir die provinsie op 27 te staan.

Hy het almal bedank wat hard gewerk het om hierdie droom te verwesenlik.

Skoolbeheerraadvoorsitter Ghasia Abrahams het gesê dat die gemeenskap se nuwe baba uiteindelik gebore word.

“Dis net hartseer dat die geskiedkundige eerste matrieks van die skool hierdie jaar nie sal kan deel in hulle nuwe skoolgebou nie,” het sy gesê.

“Bouwerk aan die nuwe multimiljoenrand skoolgebou gaan omtrent ’n jaar neem en die nuwe skoolgebou maak voorsiening vir uiteindelik 26 lokale, administrasieblok met drie kantore vir die hoof en adjunkte, siekeboeg, kluis, store en personeelkamer,” vertel skoolhoof Nazeem Dalvey.

Ook word ’n skoolsaal met verhoog en kleedkamers, ’n aparte mediasentrum, dubbelverdieping biblioteek, twee rekenaarlokale, dramalokaal, klawerbord-laboratorium, danslokaal en vyf klankdigte opnameateljees gebou, sodat die skoolkapasiteit so verhoog word om voorsiening vir 1200 leerders en ongeveer 35 opvoeders plus ’n aantal spesialiteitsposte voorsiening te maak.

Die skool het in 2004 geopen met graad agt klasse.

Vanjaar is reeds 870 leerlinge altesaam ingeskryf in vergelyking met 594 verlede jaar, met 25 opvoeders (18 verlede jaar) en twee nie-doserende personeel.

Geskiedenis word ook vanjaar gemaak omdat die skool sy eerste groep van 56 matrieks het.

Die tydelike klaskamers wat tans leerlinge huisves, gaan afgebreek en elders opgerig word waar die onderwysdepartement dit benodig.

“Ek wil almal bedank wat gehelp het om ons droom verwesenlik te kry en ek ervaar reeds die opgewondenheid van opvoeders met hulle entoesiasme en hardwerkendheid, ouers en kinders,” het Dalvey gesê.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za