Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole gaan hof toe oor uitsluiting uit sportkodes

Skole gaan hof toe oor uitsluiting uit sportkodes
 
2008-01-17


DRIE plaaslike laerskole dagvaar die Boland Skole Sport Assosiasie oor hul uitsluiting uit die skoolsportarena.

Paarl Primêre Seunskool, Paarl Gimnasium Laerskool en Noord-Eind Laerskool, daag die Boland Skole Sport Assosiasie, die Paarl Primêre Skool Sport Assosiasie, Pieter Lourens as voorsitter van hierdie Assosiasies en die Wes-Kaapse Minister van Onderwys Cameron Dug­more voor die Hooggeregshof in Kaapstad op Woensdag 23 Januarie.

Hierdie is die gevolg op ’n skrywe vroeg Desember verlede jaar van die skole se regsverteenwoordigers aan Lourens, die onderwysminister en Ronald Swartz, superintendent-generaal van WKOD.

Daar word beklemtoon dat die skole geaffilieerde lede van Boland Skole Sport Assosiasie is, dat hulle leerders aan verskillende sportkodes van die Assosiasie deelgeneem het en dat hul registrasiegeld vir 2008 aanvaar is.

Onweerswolke het verlede jaar saamgepak met die vrystelling van ’n voorlopige beplanningsdokument deur Boland Sport Assosiasie.

Die betrokke skole is daarin uitgesluit van die interskole atletiekkompetisies vir 2008.

Die toedrag van sake is op die spits gedryf gedurende ’n vergadering op 20 November verlede jaar waar die skole beswaar gemaak het oor hul uitsluiting.

In sy hoedanigheid as voorsitter van albei Assosiasies het Lourens die skole verwys na korrespondensie met hulle oor hulle leerlinge se deelname aan rugbyproewe en kompetisies in die Westelike Provinsie.

Dit is omdat hierdie skole hul rugby in die WP speel, maar in ander sportkodes onder die Boland vaandel deelneem.

Die skole het genoem dat hulle nie die enigste geregistreerde lede was wat hul rugby in die WP speel nie. In ’n mosie van die vloer, gesekondeer en toe deurgevoer, is die skole van alle kompetisies onder die Assosiasie se jurisdiksie uitgesluit.

Hieroor was die drie skole hewig ontevrede.

’n Ultimatumbrief is deur die regsverteenwoordigers van die skole aan die vier betrokke respondente gestuur om teen 12 Desember te reageer.

Hulle het geëis dat die respondente moes bevestig dat so ’n besluit op die November vergadering teen die skole geneem is; dat hulle moes erken dat die besluit onwettig was en om instruksies aan alle organiseerders te gee om hierdie besluit teen die skole te ignoreer en hulle in te sluit in kompetisies vir hierdie kwartaal.

‘n Dagvaarding is intussen aan die respondente bestel om eerskomende Woensdag in die Kaap­se Hooggeregshof te verskyn, om uitsluitsel te kry oor die kwessie.

* In 2004 het die laerskole, na ’’n Hooggeregshof beslissing teen hulle oor hierdie kwessie, onderneem om hul rugby binne Boland te speel.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za