FIETSTOER
Inskrywings vir die Cape Argus Bergfietsuitdaag sluit volgende Donderdag. Die uitdaag vind by Boschendal Wynlandgoed plaas op 2 Maart - die Sondag voor die Cape Argus Fietstoer. Besoek www.mtbchallenge.co.za om in te skryf.
* Dirtopia is hosting the WP Provincials including a funride this Sunday on Delvera Farm, on the R44 between Stellenbosch and Paarl. The funride starts at 08:00 (7km lap with singletrack). Call 021-884-4752 or send an e-mail to theteam@dirtopia.co.za.
KRIEKET
Die algemene jaarvergadering van Young Peoples krieketklub vind vanaand om 19:30 in die klubhuis plaas. Alle spelers is welkom. Saterdag om 20:00 is daar ook ’n disko by Jeff’s Pub. Toegang is R10. Skakel Trevor Carl Davy by 082-497-3884 met navrae.
RINGBAL
Paarl Ringbal (Korfbal) Klub se oefeninge het begin, en vind elke Dinsdag en Donderdag om 19:00 te La Rochelle plaas. Almal is welkom. Skakel Nicolette by 084-245-
9281 met enige navrae.
SKAAK
Die Wellington Leather Novelties Skoleskaaktoernooi vind Saterdag by die Dalweide Laerskool plaas. Registrasies vind 07:00 plaas en die toernooi begin 08:30. Skakel A Truter by 082-972-2882 met navrae.