Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jazz by Oude Libertas

Jazz by Oude Libertas
 
2008-01-24


DIE Oude Libertas bring op Sondag 3 Februarie drie van die land se talentvolste jazz-musikante (almal ontvangers van die toekenning Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar (Jazz) byeen op die verhoog vir ’n skemerkonsert.

Hulle is Concord Nkabinde, Shannon Mowday en Mark Fransman.

’n Paar ou vriende, sommige amper familie, maak ook dié somer ’n draai. Op 8 en 9 Februarie kom doen Jannie Moolman solank die aanvoorwerk vir Valentynsdag met ’n program van liefdesliedere genaamd L’hymne L’amour.

Die flamenco-dansers van die La Rosa Spaanse Dansteater met hul vertoning Esencias Flamencas sal sorg dat die week van 13 Februarie nie aan romanse en passie ontbreek nie.

Oude Libertas het ook ’n oplossing vir die ouers wat moedeloos gedink is aan maniere om die kleingoed besig te hou.

Elke Saterdagoggend om 10:00 is daar kinderteater soos Sonde met die Spoke, Raponsie, Mienkie en die Bosdwerg, Prinses Kyala en die Kersfeesdief, Jan en die Boontjierank en Rookappie en die Wolf.

Bekende akteurs soos Nicole Holm, Martelize Kolver en Altan Ungerer sal die kinders vermaak.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket of by 021-809-7473 of 021-809-7380.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za