Rugbyklubs trek saam
2008-01-24
* Young Gardens word dié jaar weer afgerig deur Godfrey Gertze en Davey de Kok. Oefeninge geskied Dinsdae, Woensdae en Donderdae om 18:00 te Paarlzicht Primêr. Vrydagaand bied Gardens ’n disko aan by Charlie’s Inn. Toegang kos R15. Kontak Gertze by 084-618-9072. * Young Peoples RFC se algemene jaarvergadering vind Maandagaand om 19:00 te Daljosafat-stadion plaas. Alle ou lede sowel as nuwe lede is welkom. Skakel gerus vir Jacques Heyns by 084-207-7535 met navrae. * Riverstones Rugbyklub oefen Dinsdag en Donderdag op New Orleans se velde in die Paarl om 18:00. Die klub beplan tans ’n toer wat oor die Paasnaweek sal geskied. * Violets Rugbyklub oefen Dinsdae en Donderdae op Paulus Joubert se velde om 19:00. Alle ou en nuwe lede is welkom. Dit is vanjaar Violets se groot feesjaar met die klub wat sy 105de bestaansjaar vier. Violets beplan ook ’n Paasnaweek-kompetisie. Kontak mnr Adams by 083-668-0231. * Young Standards hou eerskomende Maandag om 19:00 sy algemene jaarvergadering by Ebenezer Primêr. Skakel Martin van Zitters by 083-443-1223. * Paarl Rangers begin amptelik Dinsdag met oefeninge op Dal Josafat. Rangers word hierdie jaar afgerig deur Nickel Van Reenen. * Allandale Rugbyklub se oefeninge vind plaas op Dinsdae en Donderdae om 18:00 te Allendale. Kontak Raymie van Niekerk by 073-192-2767.
More
News
|