Streekspan skaaf
2008-01-24
DIE Paarl Rugbystreekspanne oefen reeds elke Woensdag om 19:00 te Daljosafat. Alle klubs wat deelneem word versoek om o.20-spelers te nomineer en die spelers te versoek om ook die oefeninge by te woon. Die Paarl Rugby-streek bied Sondag ’n ses-aan-’n-kant kriekettoernooi aan op Daljosafat, waar alle deelnemende klubs van die Paarl-streek gaan deelneem. Loting is voor die eerste wedstryde wat om 10:00 begin. Almal is welkom. Persone wat betrokke wil wees by junior-rugby, kan hul klubs skakel. Kontak James Pedro, 073-044-3989.
More
News
|