Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl hou kans op titel lewendig

Paarl hou kans op titel lewendig
 
2008-01-24


PAARL se eerste krieketspan het die afgelope naweek sy kanse om onder die top twee in die liga te eindig ’n hupstoot gegee deur altwee sy wedstryde te wen.

Bergrivier het Saterdag se wedstryd teen Paarl goed begin en ’n lopietotaal van 145/10 aangeteken. Darren Isaacs het goed gekolf (33, 6x4).

Clint Philander (3/29) en Lynal Jansen (2/10) was Paarl se beste boulers.

Paarl het aanvanklik die telling goed gejaag, maar met die telling op 117/4 in die 28ste boulbeurt het die tuisspan in die volgende twee boulbeurte 3 paaltjies verloor met slegs 9 lopies om daarvoor te wys.

Paarl het, sonder ’n bonuspunt, as oorwinnaars uit die stryd getree.

Sondag Het Paarl na Worcester gereis vir hul wedstryd teen Worcester United.

Vir Paarl het Elreigh Jansen (51, 3x4 en 1x6) en Kurt Martin (52*, 5x4) met die kolf uitgeblink. Paarl het 211/6 aangeteken.

D Gregg (2/42) en H Alberts (2/33) was hul span se beste boulers.

In die eerste twee boulbeurte was die tuisspan in die knyp met die telling op 4/2. H Alberts (47, 6x4) en N Loff (44, 6x4) het egter gesorg vir ’n vennootskap van 91 lopies om die tuisspan in die prentjie te hou.

Lyndon Fredericks (3/32) en Lynal Jansen (3/23) het goed geboul en Worcester United beperk tot 126/10.

Paarl II is steeds onoorwonne na hy vir Bergrivier II op Weltevrede geklop het. Paarl II (117/2) het die naweek ook vir Worcester Utd II (113/10) op die Parys-velde met 8 paaltjies geklop. J van der Merwe (28, 3x4) was Worcester se beste kolwer.

Vir die Paarl het David Gabriels (2/36) en Lindsay van der Berg (2/15) goed geboul. Rudy Andrews (58, 8x4) en Carlo Crotz (37, 4x4) het aan die tuisspan ’n bonuspunt besorg om Paarl II se 1ste posisie te verstewig.

Paarl III (168/10) het die naweek verloor teen Peoples III (184/9) op Daljosafat.

Paarl IV (191/10) het die naweek tweede viool gespeel teen Klapmuts I (235/9).

* Saterdag speel Paarl I teen Young Peoples I op die Parys-velde, Paarl II speel teen Young Peoples II op Daljosafat en Paarl IV speel tuis teen Wellington.

* Bergrivier I speel Saterdag teen Paarl-­­

Oos I op New Orleans. Sondag speel Bergrivier tuis teen Vredenburg/Saldanha.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za