Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tigers wys tande

Tigers wys tande
 
2008-01-24


YOUNG PEOPLES se krieketspan het die afgelope naweek sy goeie vorm voortgesit deur met beide Wellington en Malmesbury af te reken.

Saterdag op Daljosafat het Peoples die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Tiere het gesukkel teen die besoekers se akkurate boulwerk, en kon slegs 172 lopies aanteken.

Net Dominic Daniels (54, 2x4 en 2x6) en Adiel Cassiem (31, 3x4) kon enige noemenswaardige bydrae met die kolf lewer.

Die ervare Greg Jardine (4/22) en Martin van der Merwe (2/23) was Wellington se staatmakers met die bal.

Wellington was met sy kolfbeurt na 19 beurte goed op dreef met 63/0. Brendan Adams en Edwin Jacobs het egter die skroewe begin aandraai, en Marquin Julies het die wedstryd op sy kop gekeer deur Wellington se twee beste kolwers, Warren Groeneveld en Christie Schreuder, in een beurt uit te haal.

Adams (2/17), Jacobs (2/25) en Julies (2/13) het saam met Mark Borcherds die manne van Wellington vir 160 lopies uitgeboul om die Tiere met 12 lopies te laat wen.

Sondag het Peoples na Malmesbury gereis. Die Tiere het die loot gewen en die tuisspan laat kolf.

Malmesbury is in die 35ste boulbeurt vir ’n skamele 105 lopies uitgeboul. Brendon Adams (3/26) en Edwin Jacobs (3/33) was Peoples se beste boulers.

Peoples het net 22 beurte nodig gehad om die teiken te bereik danksy Hershille Barron (37, 2x4), Imran Nackerdien (29* 1x4 en 1x6) en Adiel Cassiem (26, 1x4).

* Peoples II het ook albei sy wedstryde gewen deur Wellington en Malmesbury op Daljosafat te klop.

Saterdag het Wellington eerste gekolf en 195/7 in sy 45 beurte aangeteken.

Ryan Davids was die Tiere se beste bouler met 2/42.

Peoples II het die teiken in die 41 ste beurt behaal en sodoende die wedstryd met 5 paaltjies gewen.

Sondag was die Tiere in ’n titaniese stryd met Malmesbury II gewikkel. Die besoekers het eerste gekolf, en na sy 45 beurte 238/4 op die telbord gehad.

Peoples moes teen 5,5 lopies per beurt kolf. Ian Gray (158, 25x4 en 3x6) en Gershwin Philander het ’n nuwe kolfrekord opgestel deur 240/0 in 26 beurte te moker. Dit was ’n lopie tempo van 9,4 per beurt.

Peoples III het sy afdeling gewen deur Paarl III met 17 lopies te klop.

* Saterdag speel Peoples en Paarl in hul derbywedstryd teen mekaar. Die eerste spanne speel op die Parys-velde terwyl die tweede spanne op Daljosafat kragte meet. * Peoples III speel Saterdag teen Brackenfell III in die finaal van die Country-liga 50-beur­te op Daljosafat.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za