'n EGPAAR word van strafbare manslag aangekla, nadat hul baba van vyf dae oud gesterf het.
Die voorval het in die vroeë oggendure van Maandagoggend in Chicago, Paarl-Oos, plaasgevind toe Cathlene Jacobs (31) en haar man Samaai (36) huis toe gestap het.
Volgens ooggetuies was die egpaar besope en op ’n plek het Cathlene gegly en met die baba in haar arms geval.
Die babaseun, wat steeds nie ’n naam gegee is na sy geboorte nie, se kop het waarskynlik die grond hard getref.
Cathlene het hom opgetel en huis toe geloop.
Hy het kort na hul aankoms by die huis gesterf.
Die egpaar het eers aangevoer dat hulle weggehardloop het van ’n misdadiger, en dat Cathlene toe gestruikel en geval het.
Die waarheid het egter later by verdere polisie-ondervraging uitgekom.
* A couple have been charged with culpable homicide after the death of their baby boy.