Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kavaliers kou klippe

Kavaliers kou klippe
 
2008-01-24

Jaco van Wyk

SOOS die telling weerspieël, was die opwarmingswedstryd tussen die Vodacom Stormers en die Boland Kavaliers op Boland-stadion beslis ’n eensydige affêre, met die besoekers wat met 71-10 as oorwinnaars uit die stryd getree het.

Alhoewel die Kapenaars 12 drieë ingeryg het sal die wedstryd egter eerder onthou word vir die plettervat wat die Kavalier-vleuel, Alshaun Bock, op Corné Uys uitgevoer het.

Uys is met ’n draagbaar van die veld gedra en sal die grootste gedeelte van die Super 14-

reeks misloop.

Alhoewel die Kavaliers ’n paar blink oomblikke gehad het, met drieë deur Bock en Piet van Zyl, was die tuisspan totaal en al oorskadu deur die Stormers wat op die dag balbesit oorheers het.

Vir die Kavaliers het Henley du Plessis ’n besige dag gehad deur teenstanders links en regs voos te duik. Hy kon beslis met sy kop omhoog van die veld stap.

Aan die ander kant was die spel van die Stormers ver van perfek af en sal hulle hard moet skaaf in die komende paar weke voordat die Super 14-

reeks afskop.

Wat die Kavaliers se skrum betref, kan hulle hulself ’n klop op die skouer gee. Veral Andries Human het deurgaans goed geskrum en Rassie Erasmus, afrigter van die Stormers, kan in die vaskopstut se rigting kyk indien hy op soek is na iemand om sy skrum te anker.

Gcobani Bobo, senter van die Stormers, was beslis een van sy span se beste spelers.

Hy het gedurig werk gesoek en die Kavaliers se verdediging aanhoudend met sy kraglopies op die proef gestel. Op die ou einde is hy welverdiend beloon met twee drieë.

Ander uitblinkers vir die Stormers was Tiaan Liebenberg, Schalk Burger, Luke Watson, Bolla Conradie en Andries Bekker. Laasgenoemde was ook die kaptein in die afwesigheid van Jean de Villiers.

Saterdag speel die Kavaliers in nog ’n opwarmingswedstryd teen die Bulls op Boland-sta-

dion.

* Punte: Stormers 72 (24) X Gio Aplon (2), Gcobani Bobo (2), Joe Pietersen (2), Peter Grant, Francois Louw, Robbie Diack, Schalk Ferreira, Sireli Naqelevuki. Doelskoppe X Ismaeel Dollie (2), Grant, Aplon, Dewald Duvenage. Boland 10 (0) X Alshaun Bock, Piet van Zyl.

* Saterdag speel die Kavaliers in nog ’n opwarmingswedstryd teen die Vodacom Bulls op die Boland-stadion. Die wedstryd skop af om 17:00. WP se Vodacom-span speel in ’n voorwedstryd teen Boland B om 15:30.

Kaartjies is beskikbaar by die Boland Rugby Unie en by Pêrel Sport.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za