Tuinbou skop jaar af
2008-01-24
DIE Paarl Tuinbouklub se aansluitingsfunksie vind plaas op 31 Januarie om 17:30 by Vendôme-plaas. Dit bied geleentheid aan huidige lede om vir 2008 te registreer asook vir diegene wat belang stel om aan te sluit. Aansluitingsfooi is R50 vir die jaar. Hester Genis (Van der Merwe) sal ’n skets lewer “’n Bolander maak tuin in die Kalahari”. Vir meer besonderhede, skakel Ilse Mouton by 021-872-2771 of 083-709-6408 of Ingrid le Roux by 021-863-1248 of 072-436-2567.
More
News
|