DIE Paarl Blommeklub vergader op die eerste Dinsdag van elke maand.
Die volgende vergadering is op Dinsdag 5 Februarie om 18:30 in die NG Kerksaal Drakenstein in Kotzestraat, Denneburg.
Daar sal onder andere ’n demonstrasie wees.
Alle belangstellendes is baie welkom. Kom en geniet die aand en verkry terselfdertyd inligting oor ’n voorgestelde werkswinkel.
Vir navrae, skakel Arlene van der Walt by 021-863-1774.