DIE SPACE Jeug- en Familie Sentrum op Wellington bied ’n inleidende kursus in Verhoudingsgerigte Kinderbediening aan.
Die kursus word aangebied by die Hofmeyersaal van die NG Moedergemeente Stellenbosch op twee Saterdae, 9 en 16 Februarie.
Die kursus fokus onder andere op basiese en praktiese kennis rakende:
• Die uitkomste van doeltreffende kinderbediening
• Die filosofie onderliggend aan verhoudingsgerigte kinderbediening
• Die fisiese, emosionele en geloofsontwikkeling van kinders
• Metodes om kinders te bereik en te betrek by die bediening
• Hoe om die kinderbediening te organiseer en te administreer.
Die kursus duur van 08:00 tot 16:00 en koste beloop R250 per persoon (insluitend kursusmateriaal en verversings).
Daar is slegs plek vir 16 persone.
Bespreek dus vroegtydig om teleurstelling te voorkom.
Vir verdere navrae en inskrywings, besoek ons webblad by www.youthspace.co.za of kontak Yolanda by 073-819-8272.