Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Winskopies by Wingerdfees

Winskopies by Wingerdfees
 
2008-01-24


DIE Paarl Wingerdfees, wat hierdie jaar multi-kultureel gaan wees, vind plaas volgende maand.

As jy voor 9 Februarie kaartjies koop, kan jy afslag kry.

Die fees geskied 22 en 23 Februarie en ’n groter tent sal op die Faure­-stadion wees.

Daar sal weer twee verhoë wees.

Onder die bekendes is Kurt Darren, die Campbells, Jakkie Louw, Hugo en sy orkes en die Snyman Broers asook nuwe gesigte soos die gewilde Ray Dylan en Wikus van der Merwe.

Paarliete moet nie bekommerd wees oor die onderbrekings nie, kragopwekkers sal beskikbaar wees.

Op die dagverhoog, Saterdag, onder dak, word plaaslike talent aan die publiek bekend gestel. Die middag sal stoepstories vertel word, gelei deur Leon Beukes van Maak ’n Las faam.

’n Verrassing is dat die fees onderhandel om vir Alan Garrity van Kanada af in te vlieg. Hy is bekend vir treffers soos “I need someone, en Put your hand in the hand”.

Wyn- en kosstalletjies met tradisionele kos en ’n vol restaurant sal beskikbaar wees en nuwe wyne sal bekend gestel word.

Kaartjies is R100 per dag vir volwassenes (kinders en studente R50) per dag.

Besoek paarlwingerdfees.co.za




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za