Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Springbok-afrigter gaan visie deel

Springbok-afrigter gaan visie deel
 
2008-01-24


AS ’n kind van Paarl-Oos en VGK Huguenot is dit die nuwe Springbokafrigter, Peter de Villiers, se wens dat die belangrikste toespraak van sy loopbaan tot op datum vanuit plaaslike bodem moet geskied.

De Villiers is betrokke bySondagskool, Kinderbond, lid van die Brigade en steeds belydende lidmaat.

De Villiers gaan Saterdag om 08:30, gedurende ’n ontbyt ten behoewe van die VGK Huguenot, in die Strauss­- saal te Klein Drakensteinweg, Paarl-Oos, sy visie as die nuwe Springbokafrigter bekend maak.

Die kaartjies is R100 per persoon of R1000 per tafel en is beskikbaar by die kerkkantoor of die pastorie (skakel 021-862-3810 of 021-822­3420.

Volgens ds Freddie Ayford van die gemeente is De Villiers “’n diep gelowige mens wat baie doen vir die saak van barmhartigheid.

“Hy huisves nou al vir ’n geruime tyd elke Sondag ’n Sondagskoolklas by sy huis, in ’n lokaal wat spesiaal vir dié doel deur hom ingerig is.

“Dit is werklik wonderlik om iemand soos hy as lidmaat in ons gemeente te hê,” sê ds Ayford.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za