Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Aftree-oord vir Franschhoek in die pyplyn

Aftree-oord vir Franschhoek in die pyplyn
 
2008-01-24


DIE Munisipaliteit van Stellenbosch en die Franschhoek Aftree-oord Vereniging het teen die einde van verlede jaar ’n ooreenkoms aangegaan om belangstellende ontwikkelaars uit te nooi om voorstelle voor te lê vir die ontwikkeling van ’n aftree-oord in Franschhoek.

Daar is reeds baie lank ’n behoefte onder ouer Franschhoekse inwoners vir doelmatige akkommodasie op die dorp.

Die perseel vir die beplande aftreeoord is op grond wat deels aan die Munisipaliteit behoort en deels aan die Aftree-oord Vereniging se lede.

Die perseel sluit in die bekende “Ou Tennisbane” op die hoek van Dirkie Uysstraat en La Rochellestraat plus nog twee erwe wat aan die Fleur de Lis-ACVV tehuis vir bejaardes en Franschhoek Hospice grens.

’n Openbare kennisgewing wat ontwikkelaars uitnooi om voorleggings te maak, word tans gepubliseer.

Sodra hierdie fase afgehandel is, sal ’n openbare inligting-sessie gehou word om belangstellendes in te lig en uit te nooi om insette te maak. Die datum en plek sal later bekend gemaak word.

Die Franschhoek Aftree-oord Vereniging het reeds sekere voorbereidende ondersoeke afgehandel ter voorbereiding van die projek.

Daar sal waarskynlik in die omgewing van 24-30 aftree-eenhede opgerig kan word maar die finale beplanning moet nog gedoen word. Die koste van die wooneenhede moet nog bereken word.

’n Lys van belangstellendes is by die NG Kerkkkantoor in Franschhoek ter insae en enige Franschhoekse bejaarde wat daarin belang stel om moontlik by die Franschhoek Aftree-oord in te skakel, kan sy of haar naam op die lys laat aanteken.

Die voorlopige aanduidings is dat die wooneenhede aan Franschhoekse bejaardes beskikbaar sal wees op die basis van lewenswoonreg.

Eienaarskap van wooneenhede bly in die hande van die Franschhoek Aftree-oord Vereniging. Meer volledige inligting sal by die beplande openbare inligting-sessie bekend gemaak word.




More News
  • Hotel to convert to retirement centre
  • Nuwe daghospitaal vir Noorder-Paarl
  • Progress in Klapmuts
  • Green office block planned for Paarl Mall
  • Skole speel groot rol in Drakenstein se eiendomsmark
  • Woonstelmark wil-wil wakker word
  • Objections to Waterfront development
  • Farm up for auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za