Windmeul se trots
2008-01-24
DIE Windmeul Wynkelder spog met groot trots met Henry Links, wat deel is van hul produksiespan. Hulle glo sy bydrae het ’n groot rol gespeel in die onlangse toekenning waarin Windmeul Kelder aangewys is as een van die Absa Pinotage Top 10 kompetisie wenners. Sedert sy betrokkenheid by die kelder, is hy die geleentheid gebied om aan verskeie kompetisies deel te neem asook om kursusse te volg waarin hy sy kennis van wynbereiding kon uitbrei Hy was in 2006 die wenner van die Paarl Wijnbouers Kelderwerkersproe en was verlede jaar die naaswenner van die eerste nasionale kelderwerkers-proekompetisie. Hy het drie Senior Kelderhulp Ontwikkelingsprogramkursusse (SKOP) met lof geslaag en verlede jaar groot sukses behaal in ’n junior kelderassistentkursus. Henry is nie net ’n gemotiveerde werker nie, maar ook ‘n man met ‘n passie vir die wynbedryf en veral rooiwynbereiding.
More
News
|