Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Beurt voort sonder krag

Beurt voort sonder krag
 
2008-01-24


BESIGHEDE in die Paarl maak die beste van ’n sleg saak. Krag of te nie, hulle hou kop bo water.

Die bestuurder van die Pasadena Spur in Lady Greystraat, Lychelle Blankenberg, is van mening dat dit ongerieflik is, maar hulle hande is nie afgekap nie.

“Ons het ’n kragopwekker, maar dit voorsien nie krag aan die hele plek nie.

“Ons kan steeds kos maak, al is dit op slegs die kragopwekker se krag, maar ons kan nie die ligte gebruik nie, en moet dus van kerse en olielampe gebruik maak.

“Die kliënte is regtig tegemoetkomend, so ons gaan aan, al is dit op ’n abnormale manier,” sê Blankenberg.

Charl Reeders, bestuurder van MiniMax bioskoop in die Paarl, sê hulle het geen probleme met elektrisiteit gedurende kragonderbrekings nie.

“Hierdie groot kragopwekker se kapasiteit is groot genoeg om krag te voorsien aan die hele gebou gedurende die kragonderbrekings. Mense kan dus nog altyd kom fliek, al is die krag af,” verseker Reeders.

Een van die gelukkiges is Chello’s Pizza se bestuurder, Hennie Pretorius, Hulle word glad nie beïnvloed deur die huidige kragonderbrekings nie.

“Ons pizzas word in ’n oond gemaak wat hout gebruik en mense kan pizzas kom koop en bestel al is die krag af.

“Dis slegs ons rekenaarstelsel wat beïnvloed word, maar dan doen ons alles met die hand. Ons steek kerse op as die krag afgaan, en dit skep nogal ’n lekker atmosfeer,” sê Pretorius.

Nie almal is so gelukkig nie.

Die Top to Toe wellness, wat in die hoogste gebou in die Paarl hul besigheid bedryf, is baie ontsteld oor die besigheid wat hulle verloor gedurende kragonderbrekings.

Volgens die bestuurder, Jackie Vos, dink almal dat die besigheid sluit as die krag af is.

“Ons kliënte kanselleer hul afsprake of daag glad nie op nie, maar ons is oop.

“Een probleem is dat mense al vasgesit het in die hysbak gedurende ’n kragonderbreking. Dit het baie moeite gekos om die mense uit te kry.

“Dit sit jou kliënte af, want wie wil weer ’n gebou besoek waar jy vassit in ’n hysbak?

“Ons kan ook slegs ons haardroërs gebruik as die krag af is. Die sonbed en van die ander masjiene kan ons nie gebruik nie.

“As ons net voor die tyd gewaarsku kan word, dan kan ’n mens die nodige reëlings tref. Soms kry ons weer kennisgewings dat die krag sal afgaan, maar dan gaan dit in elk geval nie af nie.

“My rekenaar is stukkend as gevolg van die kragonderbrekings. Ek kan nie eens my pryslyste druk nie.

“Wie moet nou die koste daarvoor betaal?” het ’n ontstoke Vos gevra.

* Local businesses are braving the trials and tribulations of the power blackouts.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za